Professor Tienie van Schoor (24 November 1920-25 Julie 2009, A Wessels, F Pretorius, N Stassen

Tags:
Content: Historia 54,2, November 2009, pp 1-20
In Memoriam -- Professor Tienie van Schoor (24 November 1920 ­ 25 Julie 2009) Marthinus Cornelius Ellnarius (Tienie) van Schoor is op 24 November 1920 in Bloemfontein gebore. Sy moeder was Susanna Magdalena van Schoor (gebore Viljoen) en sy vader Marthinus Cornelius van Schoor (1880-1967). Laasgenoemde het as ingenieur op die spoorweл gewerk en nasionale bekendheid as kultuurleier verwerf ­ veral vanweл die feit dat hy in 1938 die leier van die Simboliese Ossewatrek tydens die Voortrekkereeufees was.1 Hierdie gebeure, soos ook die algemene Sturm und Drang van die 1930's en 1940's, het sonder twyfel geweldige indruk op die jong Tienie van Schoor gemaak en bygedra tot sy besondere vaderlandsliefde, Afrikanernasionalisme, liefde vir geskiedenis en behoefte om te veg vir die behoud van die Afrikaner se kultuur en tradisies. Nadat hy aan die Hoлrskool Jan Van Riebeeck in Kaapstad gematrikuleer het, het Tienie van Schoor aan die Universiteitskollege van die Oranje-Vrystaat (vanaf 1950 bekend as die Universiteit van die Oranje-Vrystaat, UOVS, en sedert 2001 die Universiteit van die Vrystaat, UV), die grade B.A. (1940), B.A. Honneurs in Geskiedenis (1941), B.Ed. (1943), M.A. in Geskiedenis (cum laude, 1946) ­ met verhandeling getiteld "Die Politieke Groepering in Transgariep: Die Differensiasie van Politieke Groepe in Transgariep vanaf die Vroegste Jare tot en met die Totstandkoming van die Bloemfontein Konvensie, 23 Februarie 1854" ­ en M.Ed. (1947) verwerf. Terwyl hy student was, het hy die studentekoerant Irawa! tot stand gebring en as eerste redakteur gedien.2 Van 1947 tot 1948 was hy werksaam as argiefassistent in die Vrystaatse Argiefbewaarplek in Bloemfontein en vanaf 1949 tot 1958 het hy as onderwyser aan die Hoлrskool Sentraal in Bloemfontein gewerk, voordat hy in 1959 as lektor by die UOVS se departement Geskiedenis aangesluit het. Hy sou tot en met sy aftrede aan die einde van 1985 as dosent en uiteindelik as hoogleraar aan die UOVS verbonde wees; die laaste nege jaar van sy loopbaan ook as departementshoof van Geskiedenis. Hy het leidende rol gespeel om navorsingskultuur in diй departement te vestig en het ook gedenkpublikasie oor die UOVS die lig laat sien.3 Hy het op talle universiteitskomitees gedien en was onder andere die dryfkrag agter planne om nuwe universiteitsbiblioteek op te rig.4 Vir etlike jare was hy koshuisvader van die manskoshuis Huis Christiaan de Wet. As dosent het Tienie van Schoor deur die jare heen vir etlike duisende voorgraadse studente klas gegee en by baie Van Hulle blywende liefde vir Geskiedenis gekweek en/of verder ontwikkel. Op nagraadse vlak het hy vir baie jare
1
M C E van Schoor, "Van Schoor, Marthinus Cornelius", in C J Beyers (red ),
Suid-Afrikaanse Biografiese Woordeboek IV (Butterworths, Durban, 1981), pp 753-755
2
Van Sink tot Sandsteen tot Graniet: Die Universiteit van die Vrystaat se Eerste 100 Jaar
(Universiteit van die Vrystaat, Bloemfontein, 2006), p 144
3
60 Jaar op die Bult (UOVS, Bloemfontein, geen datum)
4
Van Sink tot Sandsteen tot Graniet, pp 294-295 Vir sy werk as historikus en vir sy
onvermoeide ywer om die UV se biblioteekdienste te verbeter, het Van Schoor in 2004
Eeufeesmedalje van die UV ontvang
1
Van Schoor
lank met kenmerkende entoesiasme Honneursmodule oor die teorie, metodiek en filosofie van die Geskiedeniswetenskap aangebied, asook historiografie-kursus. Hy het studieleiding aan ongeveer dertig M.A.- en doktorale studente verskaf,5 insluitende oor temas soos die ekonomiese opbou in die Vrystaat na afloop van die Anglo-Boereoorlog,6 wit-swart-verhoudinge in die Vrystaat,7 N.J. van der Merwe as politikus,8 koalisie en samesmelting in die Suid-Afrikaanse politiek,9 historiografiese annotering,10 die Britse vestiging in Natal,11 die mediese rol van dr. A.E.W. Ramsbottom,12 die Anglo-Boereoorlog in die Noordwes-Kaap,13en die Britse militкre strategie tydens die Anglo-Boereoorlog.14 Sy eie doktorale proefskrif (D.Litt. in Geskiedenis), wat oor "Die Nasionale en Politieke Bewuswording van die Afrikaner in Migrasie en sy Ontluiking in Transgariep tot 1854" gehandel het, en later in die Argiefjaarboek vir Suid-Afrikaanse Geskiedenis gepubliseer is,15 het hy in 1962 aan die destydse Potchefstroomse Universiteit vir Christelike Hoлr Onderwys verwerf. Wat navorsing betref, het professor Van Schoor besondere liefde vir en kennis van die Anglo-Boereoorlog (1899-1902) ontwikkel, en het hy baanbrekerswerk verrig ten opsigte van die annotering van tekste wat oor diй omstrede en omvangryke konflik handel. In samewerking met die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns en die Oorlogsmuseum van die Boererepublieke in Bloemfontein het hy die Christiaan de Wet-Annale tot stand gebring en was hy die eerste hoofredakteur van diй publikasiereeks. Die eerste uitgawe van die Christiaan de Wet-Annale het in 1972 verskyn, en tot en met sy uittrede as hoofredakteur het nog verdere nege uitgawes die lig gesien. Van Schoor het self hele aantal noemenswaardige bydraes tot die Christiaan de Wet-Annale gelewer, insluitende die "Dagboek van Hugo H. van Niekerk", die " `Dagboek' van Rocco de Villiers" en "General J.B.M. Hertzog's war experiences".16 Hierdie en ander tekste het hy met groot sorg en noukeurigheid geannoteer en sу standaard gestel wat moeilik oortref sal kan word.
5
Wat die rol en invloed van Tienie van Schoor as dosent en studieleier betref, kyk byvoorbeeld
na die herinneringe van een van sy oudstudente ­ A Wessels, "Herinneringe: Diegene wat my
Besiel en Beпnvloed het ­ Professor M C E (`Tienie') van Schoor", Historia 52, 2,
November 2007, pp 274-276
6
A P J van Rensburg, "Die Ekonomiese Herstel van die Afrikaner in die Oranjerivier-kolonie,
1902-1907 " D Phil -proefskrif, UOVS, 1964
7
H J van Aswegen, "Die Verhouding tussen Blank en Nie-Blank in die Oranje-Vrystaat, 1854-
1902 " D Phil -proefskrif, UOVS, 1968
8
I Hattingh, "Dr N J Van Der Merwe as Politikus, 1924-1940 " M A -verhandeling, UOVS,
1979
9
P W Coetzer, "Koalisie en Samesmelting, 1933-1934: Histories-kritiese Studie " D Phil -
proefskrif, UOVS, 1980
10
A Wessels, " Teoretiese en Praktiese Inleiding tot Historiografiese Annotering " M A -
verhandeling, UOVS, 1982
11 A E Cubbin, "Origins of the British settlement at Port Natal, May 1924-July 1942 " D Phil -
thesis, UOFS, 1983
12 S J Odendaal, "Die Mediese rol van dr A E W Ramsbottom voor, tydens en onmiddellik na
die Anglo-Boereoorlog in die Vrystaat " M A -verhandeling, UOVS, 1986
13 C F J Botha, "Die Krygsoptrede van Boer en Brit in Noordwes-Kaapland gedurende die
Anglo-Boereoorlog, 1899-1902 " M A -verhandeling, UOVS, 1986
14 A Wessels, "Die Britse Militкre Strategie tydens die Anglo-Boereoorlog tot en met die Buller-
fase " D Phil -proefskrif, UOVS, 1986
15 Kyk M C E van Schoor, "Die Nasionale en Politieke Bewuswording van die Afrikaner in
Migrasie en sy Ontluiking in Transgariep tot 1854", Argiefjaarboek vir Suid-Afrikaanse
Geskiedenis, 26, 2, 1964 (Die Staatsdrukker, Pretoria, 1964)
16 Kyk Christiaan de Wet-Annale I, Oktober 1972, pp 5-207; Christiaan de Wet-Annale III,
sonder datum, pp 3-122; Christiaan de Wet-Annale X, Oktober 2000, pp 1-68
2
Van Schoor
Ook op ander terreine het professor Van Schoor baanbrekerswerk verrig ten einde Geskiedenis as wetenskap in Suid-Afrika te vestig en uit te bou, byvoorbeeld as stigter en eerste redakteur (1966-1979) van die Suid-Afrikaanse Historiese Joernaal/South African Historical Journal.17 Naas talle artikels in akademiese tydskrifte, boekresensies en artikels in die Suid-Afrikaanse Biografiese Woordeboek/Dictionary of South African Biography en die Standard Encyclopaedia of southern Africa, was professor Van Schoor ook die outeur of mede-outeur van meer as dertig boekpublikasies en kleiner monografieл. Hierdie boekpublikasies handel onder meer oor die geskiedenis van Bethlehem,18 Lindley se NG-gemeente,19 die spotprente van die Anglo-Boereoorlog van 1899 tot 1902,20 die lotgevalle van die kinders in die kampe van die Anglo-Boereoorlog21 en die lot van die Boerekrygsgevangenes wat na kampe in die buiteland gestuur is.22 Van Schoor het verder indringende navorsing oor die sogenaamde "Vrystaatse Driemanskap" gedoen, te wete die kerkman John Daniлl Kestell (1854-1941), die krygsman Christiaan Rudolph de Wet (1854-1922) en die staatsman Marthinus Theunis Steyn (1857-1916). Die vrug van hierdie navorsing het neerslag gevind in aantal merkwaardige publikasies, insluitende John Daniлl Kestell 1854-1941 Outobiografies Beskryf (Oorlogsmuseum van die Boererepublieke, Bloemfontein, 1992); Bittereinder aan die Woord Geskrifte en Toesprake van Marthinus Theunis Steyn (Oorlogsmuseum van die Boererepublieke, Bloemfontein, 1997); C.R. de Wet, Die Stryd tussen Boer en Brit Die Herinneringe van die Boere-generaal C.R. de Wet (vertaal en geredigeer deur M.C.E. van Schoor ­ Tafelberg, Kaapstad, 1999); die biografie Christiaan Rudolph de Wet Krygsman en Volksman (Protea Boekhuis, Pretoria, 2007) en ­ kort voor sy afsterwe ­ die biografie Marthinus Theunis Steyn Regsman, Staatsman en Volksman (Protea Boekhuis, Pretoria, 2009). Afgesien van onbeskaamde heldeverering vir Kestell, De Wet en Steyn, het Van Schoor hierdie Driemanskap uiteraard beskou as diй mees prominente simbole van die republikeinse vryheidstryd en hulle ook as Bittereinders geлer ­ iets waarmee hy homself ten nouste kon identifiseer. Vergelyk in hierdie verband dan ook sy ryklik geпllustreerde boek Die Bittereinde Vrede Vredespogings en -onderhandelinge voor en tydens die Anglo-Boereoorlog 1899-1902 (Kraal-Uitgewers, Brandfort, 2007). Hy was ook die dryfkrag agter die oprigting van die Bittereinderbeeld (en die ander beelde) op die terrein van die Oorlogmuseum van die Boererepublieke in Bloemfontein. En dan was daar die Rebellie van 1914 tot 1915. Professor Tienie se jarelange belangstelling in diй gewapende opstand was beslis nie toevallig nie, want afgesien daarvan dat veral De Wet daarby betrokke was, het Van Schoor self ook rebelse streek gehad! Die gevolg was die omvangryke Generaal J.C.G. Kemp en die Epiese Woestyntog (Protea Boekhuis, Pretoria, 2006). Wat so merkwaardig is, is dat
17 B A le Cordeur, "The South African Historical Journal and the Periodical History of South
African History", Suid-Afrikaanse Historiese Joernaal, 20, November 1988, pp 5-11
18 A P J van Rensburg en M C E van Schoor, Geskiedenis van Bethlehem 1864-1964 (Die
Stadsraad, Bethlehem, sonder datum)
19 M C E van Schoor, Eeufeesgedenkboek: N.G. Gemeente Lindley (Eeufeeskomitee, Lindley,
1976)
20 M C E van Schoor, Spotprente van die Anglo-Boereoorlog (Tafelberg, Kaapstad, 1981)
21
M C E van Schoor, Kampkinders, 1900-1902: Gedenkboek (Oorlogsmuseum van die
Boererepublieke, Bloemfontein, 1982)
22
M C E van Schoor, Die Bannelinge. A.B.O.-Boerekrygsgevangenes, 1899-1902:
Gedenkbrosjure (Oorlogsmuseum van die Boererepublieke, Bloemfontein, 1983)
3
Van Schoor baie van Van Schoor se werk na sy aftrede gepubliseer is, selfs toe hy reeds diep in die tagtigs was. Hy het letterlik aanhou navorsing doen en skryf totdat hy, afgetakel weens siekte, fisies nie meer in staat was om dit te doen nie. Dit is jammer dat hy nie sy groot navorsingsprojek oor die Rebellie van 1914 tot 1915 kon voltooi nie.23 Afgesien van sy werk as wetenskaplike en vakman, het professor Van Schoor sy gemeenskap ook op talle ander wyses gedien. Hy was gewilde spreker by kultuur- en ander byeenkomste en deur middel van artikels in populкre tydskrifte en koerante het hy sy vakkennis aan die algemene publiek bekend gestel. En skryf kon hy skryf! Verder het hy ook groot aantal inleidingsartikels vir die plaaslike Vrystaatse/Noord-Kaapse koerant Die Volksblad geskryf, en hy was ook die outeur of mede-outeur van talle skoolgeskiedenishandboeke.24 As kultuurmens by uitnemendheid, het hy jare lank op die Raad vir Nasionale Gedenkwaardighede se Vrystaatse streekkomitee gedien, was hy lid (later voorsitter) van die Oorlogsmuseum van die Boererepublieke se beheerraad en lid (later voorsitter) van die Nasionale Vrouemonumentkommissie. Na sy aftrede het professor Van Schoor en sy vrou Betha hulle op Bettysbaai (waar hulle reeds jare lank vakansiehuis gehad het) gaan vestig. Later het hulle na Kleinmond verhuis, en daar is hy in die vroeл oggendure van Saterdag 25 Julie 2009 na maandelange stryd teen kanker oorlede. Hy word oorleef deur sy vrou, ses kinders en elf kleinkinders. As koshuisvader van Huis Christiaan de Wet aan die destydse UOVS het professor M.C.E. van Schoor (onder sy baie studente en vriende bekend as "Dok Tienie", of later, "Prof Tienie") gereeld na Jan F.E. Celliers se gedig oor generaal Christiaan de Wet verwys, waarin onder meer die woorde "Stil, broers, daar gaan man verby" geskrywe staan.25 Dнt was ook waar van Tienie van Schoor ­ miskien die laaste van die ou garde Afrikanerhistorici wat deur die loop van baie jare groot invloed op derduisende mense se lewens uitgeoefen het. Hy was inspirerende dosent, studieleier en promotor, wat deur sy voorbeeld gelei het; iemand wat prysenswaardige voorbeeld gestel het as akademikus, kultuurdraer en mens in die algemeen; kenner van klassieke musiek, in besonder die werk van Beethoven en Wagner; iemand met ouwкreldse waardigheid en integriteit wat alles veil gehad het vir sy land en sy mense; persoon wat letterlik tot die bitter einde as akademikus gewerk en gepubliseer het en dus ook sу navolgenswaardige voorbeeld vir ander akademici en studente gestel het. Tienie van Schoor, die "Laaste Ware Bittereinder", is nie meer met ons nie, maar sy werk leef voort danksy sy groot aantal publikasies en die positiewe invloed wat hy op sovele mense uitgeoefen het. Andrй Wessels26 23 Ek is meegedeel dat iemand anders wel met die projek sal voortgaan 24 Kyk byvoorbeeld J J Oberholster en M C E van Schoor, Geskiedenis vir die O.V.S.- skooleindsertifikaat (Nasionale Boekhandel, Kaapstad, 1961); M C E van Schoor en A P J van Rensburg, Geskiedenis vir Standerd 8 (Nasou, Kaapstad, 1968) en talle soortgelyke publikasies, gewoonlik in samewerking met ander persone geskryf 25 Kyk die eerste twee versreлls in Jan F E Celliers se gedig "Generaal de Wet" in die digbundel Die Lewenstuin en Ander Gedigte (van Schaik, Pretoria, 1925), pp 90-91 Die hulp van professor Jaap Steyn met die verifiлring van hierdie gegewens, word opreg waardeer 26 Professor Andrй Wessels, tans voorsitter van die UV se departement Geskiedenis, het professor Van Schoor sedert 1975 geken en het sowel sy M A -verhandeling (1982) as sy doktorale proefskrif (1986) onder leiding van professor Van Schoor voltooi 4
Van Schoor Professor Tienie van Schoor ­ Die Einde van Era Met die afsterwe van professor Tienie van Schoor op 25 Julie 2009 op Kleinmond het die laaste van die groot Afrikaner nasionale geskiedskrywers ons ontval. By die departement van Binnelandse Sake is opgeteken dat Marthinus Cornelius Ellnarius van Schoor op 24 November 1920 in Bloemfontein gebore is. Hoewel hy in 1937 aan die Hoлrskool Jan van Riebeeck in Kaapstad matrikuleer het,27 was hy sy lewe lank Vrystater in sy vesels, ook lank nб sy aftrede op Bettysbaai aan die einde van 1985. In 1946 het Van Schoor M.A.-graad in Geskiedenis aan die Universiteitskollege van die Oranje-Vrystaat (tegnies nog deel van die Universiteit van Suid-Afrika) behaal, met verhandeling getiteld "Politieke groeperinge in Transgariep". Hierdie studie is in die Argiefjaarboek vir Suid-Afrikaanse Geskiedenis, 2, 1950, gepubliseer. Sy verwerwing van M.Ed.-graad, eweneens aan Unisa, met verhandeling oor doktor Johannes Brill as onderwysfiguur in die OranjeVrystaat, plaas perspektief op Van Schoor se lewensuitkyk: hy het naamlik op die onderwys as loopbaan besluit en sou hom met oorgawe daarvoor bekwaam. In 1962 het hy sy doktorsgraad in Geskiedenis onder professor D.W. Krьger, volgens eie erkenning sy "groot leermeester", aan die Potchefstroomse Universiteit vir Christelike Hoлr Onderwys behaal. Ook hierdie studie het sy weg na die Argiefjaarboek vir SuidAfrikaanse Geskiedenis, 2, 1963, gevind.28 Van Schoor se liefde vir Geskiedenis was te danke aan die invloed van sy vader, Oom Tienie van Schoor, groot kultuurskepper en leier van die hoof trek van die Simboliese Ossewatrek in 1938. Hy het self vertel dat sy agtergrond, tesame met sy pos as onderwyser aan die Hoлrskool Sentraal in Bloemfontein (sedert 1949) en dosent aan die UOVS (sedert 1956), by hom grenslose bewondering vir die Bittereinders, "en veral vir my twee afgode" president Steyn en generaal De Wet, gekweek het.29 Hy het dit onbeskaamd reguit, eerlik, beskeie en wars van vertoon gesк, soos hierdie onblusbare republikein sy lewe lank was. 1954 ­ Wonderjaar vir Van Schoor. Dit was die 100-jarige herdenking van beide die totstandkoming van die Vrystaatse Republiek en die geboorte van Christiaan de Wet. Hy het die inisiatief vir bloemlesing anekdotes oor De Wet geneem, saam met sy latere kollega aan die UOVS, J.J. Oberholster, en S.I. Malan,30 en het ook saam met Oberholster en A.H. Maree die Gedenkalbum van die OranjeVrystaat gepubliseer.31 27 P E van der Schyff, "In memoriam: Professor Tienie van Schoor", Southern African Historical Society, http://www sahs org za/index php/news/43-professor-tienie-van-schoorhtml, 1 September 2009 28 P E van der Schyff, "In memoriam"; M C E van Schoor, Spotprente van die AngloBoereoorlog (Tafelberg, Kaapstad, 1981), flapteks; M C E van Schoor, Die Bittereinde Vrede (Kraal, Brandfort, 2005), flapteks; M C E van Schoor, John Daniлl Kestell 1854-1941 (Oorlogsmuseum van die Boererepublieke, Bloemfontein, 1992), flapteks 29 R Koch, "MCE van Schoor: 24 November 1920-25 Julie 2009", Beeld, 31 Julie 2009, http://jv news24 com/Beeld/In-Diepte/0,,3-67 2543759,00 hml, 1 September 2009 30 M C E van Schoor, S I Malan en J J Oberholster, Christiaan Rudolph de Wet 1854-1922 (Nasionale Vrouemonumentekommissie, Bloemfontein, 1954) 31 J J Oberholster, M C E van Schoor en A H Maree, Gedenkalbum van die Oranje-Vrystaat (Uitgewer onbekend, Bloemfontein, 1954) 5
Van Schoor In 1960, op die vooraand van republiekwording, het Van Schoor en J.J. van Rooyen se Republieke en republikeine verskyn. Van Schoor en F.A. van Jaarsveld (Die ontwaking van die Afrikaanse nasionale bewussyn 1868-1881, 1957) het apologete van die Afrikaner se nasionale en republikeinse geskiedenis van die negentiende eeu geword, maar hulle was dwars vir mekaar. Van Jaarsveld het gereken dat Afrikanernasionalisme ontstaan het as reaksie teen Britse imperialisme in Suid-Afrika tussen 1868 en 1881; Van Schoor het beduie, nee, terug na die embrionale stadium, rondom die Kaapse Patriotte van die laat agtiende eeu en die Groot Trek. Kosbaar in my besit is kopie van Van Jaarsveld se werk wat "Tienie" aan "Obie" geskenk het, met Tienie se kommentaar in die kantlyn ingeskryf. Intussen het die teoretiese geskiedenis Van Schoor ook geboei. Sy besinning in 1959 oor die biografie in die Afrikaanse geskiedskrywing bly lank rigtinggewend.32 Teen die sestigerjare het Van Schoor se reputasie klemverskuiwing ondergaan. Hy het hom bemoei met wat hy kennelik teen hierdie tyd as die middelpuntvlietende krag gesien het, naamlik Afrikanernasionalisme in die laat negentiende eeu, en die Anglo-Boereoorlog. Vir hom het dit om die homogene Afrikaner, die kern-Afrikaner gegaan; afvalliges maak nie deel van die hoofstroom uit nie, is stukkend gekou en uitgespoeg. Hy die De Wet-kenner, die Steyn-kenner, die Rebellie-kenner geword en "werk aan boeke daaroor", is met ontsag gefluister. Die boeke het egter nie verskyn nie ­ slegs vinnig saamgeflanste werke soos Spotprente van die Anglo-Boereoorlog (1981) en Kampkinders 1900-1902 (1982) ­ want Tienie van Schoor het geskiedenis gelйwe. Breed het hy op die geskiedenisakker gestaan. Die Oorlogsmuseum van die Boererepublieke, sieraad soos dit vandag in Bloemfontein daar uitsien, het oor baie jare onder sy onverdrote ywer as voorsitter van die Beheerraad en voorsitter van die Nasionale Vrouemonumentkommissie gedy. Korrelkop wat hy was, het hy kop met die direkteure gestamp, altyd vir die Saak. Van Schoor was stigterslid van die Suid-Afrikaanse Historiese Vereniging in 1965, en eerste redakteur van diй se lyfblad, Suid-Afrikaanse Historiese Joernaal/South African Historical Journal. Dit was wegbreek, weg van die Historiese Genootskap van Suid-Afrika en sy lyfblad, Historia, toe nog met sy verskillende belangstellingsgroepe, om suiwer akademiese en wetenskaplike groep te bedien.33 Sy diens het opgestapel ­ lid van die Geskiedeniskomitees van die SuidAfrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns en die FAK, lid van die SuidAfrikaanse Argiefkommissie, lid van die Raad vir Nasionale Gedenkwaardighede en voorsitter van diй se Oorlogsgrafteraad van die Boererepublieke. Deur sy inisiatief het die latere Instituut vir Eietydse Geskiedenis in 1964 tot stand gekom. Onder sy oorhoofse redakteurskap het die tydskrif, Christiaan de Wet-Annale in 1972 verskyn, uitgegee deur die Suid-Afrikaanse Akademie, in samewerking met die Oorlogsmuseum en later andersom.34 Belangrike primкre bronne oor die Anglo-Boereoorlog is met inleidings en annotasies daarin gepubliseer; enkele 32 M C E van Schoor, "Die biografie in die Afrikaanse geskiedskrywing", Historia, 1, Maart 1959, pp 3-18 33 B A le Cordeur, "The South African Historical Journal and the Periodical Literature on South African history", South African Historical Journal, 20, November 1988, pp 4-5 34 Van der Schyff, "In memoriam" 6
Van Schoor wetenskaplike artikels het ook lкplek gekry. Gebrek aan mensekrag het veroorsaak dat die Annale nie sy naam gestand doen nie, en die elfde en laaste deel word tans voorberei. In 1972 het professor Tienie van Schoor deel van my lewe geword. "Nee", het hy my brief geantwoord, "daar is nie genoeg stof vir jou beoogde M.A.-verhandeling oor die eerste dryfjag op generaal De Wet nie." Wou hy my afskrik van sэ onderwerp? Maar van my eerste besoek aan sy studeerkamer in Groenewoudstraat, liefderik "Sannaspos" gedoop, het ons geweldig gekliek. Hy het lofprysende eksterne eksaminator van my lywige M.A.-verhandeling oor die einste dryfjag op De Wet geword en dit het nommer 4 van die Christiaan de Wet-Annale geword (1976). Hy het my die slagveld van Sannaspos ­ terrein van De Wet se skitterende oorwinning om die guerrillafase van die Anglo-Boereoorlog in te lei ­ gaan wys. Ek het bevoorreg en ontroerd saam met hom tussen die vier unieke beeldegroepe van die Oorlogsmuseum wat die stryd en trauma van die Afrikaner in die Anglo-Boereoorlog simboliseer ­ Afskeid, Die Banneling, Die Agterryer, en Die Bittereinder, gestap. Hulle is produk van sэ dryfkrag, sэ inspirasie, sэ droom. In later jare was die verhouding tussen ons minder hartlik, soos wat sy vererende en nasionale geskiedskrywing dieselfde gebly het, maar dit was steeds oorlaai met wedersydse respek. Wanneer die aftrede nб nege jaar se departementshoofskap gekom het, het die tyd ryp geword om sy roeping te vervul. Hy het geskryf, het hy verklaar, sodat die Afrikanernageslag dit kan lees om trots op hulle geskiedenis te ontwikkel.35 Hy het geskryf, en die belangrikste werke van sy lewe gelewer ­ onvoorstelbaar. Dit was heldevererend, oor net die beste wat die Afrikaner voortgebring het ­ kan mens dit dalk aristografie noem? Eintlik, en dit is die kern, is sy werk verlengstuk van die verlede. Hy het sy denke op die verlede getransponeer en die verlede se denke op hom, en hulle het ййn geword. Kestell, De Wet en Steyn se diep gelowige Christenskap was syne ­ en andersom. Sy interessante John Daniлl Kestell 1854-1941 Outobiografies beskryf (1992)36 is die beste voorbeeld van sy verlenging van die verlede. Dan het Bittereinder aan die woord Geskrifte en toesprake van Marthinus Theunis (deur Van Schoor byeengebring, vertaal, en van toeligting voorsien, 1997) 37 gevolg, asook Die stryd tussen Boer en Brit Die herinneringe van die Boere-generaal C.R. de Wet (in Afrikaans vertaal en met verklarings deur Van Schoor, 1999);38 Die Bittereinde Vrede Vredespogings en -onderhandelinge voor en tydens die Anglo-Boereoorlog 1899-1902, in Paul Alberts se reeks Die Erwe van ons Vaad're, (2 van 2005);39 Generaal J.C.G. Kemp en die epiese woestyntog (2006),40 oor Kemp en sy Rebellekommando van 600 man se uitmergelende tog deur die Kalahariwoestyn tydens die Afrikaner-Rebellie; en Christiaan Rudolph de Wet Krygsman en volksman 35 "Historici bring hulde aan Tienie van Schoor", http://praag co za/content/view/5358/480/, 1 September 2009 36 Oorlogsmuseum van die Boererepublieke, Bloemfontein 37 Oorlogsmuseum van die Boererepublieke, Bloemfontein 38 Tafelberg, Kaapstad 39 Kraal, Brandfort 40 Protea Boekhuis, Pretoria 7
Van Schoor (2007).41 En dan, op ouderdom 88, enkele weke voor sy dood, Marthinus Theunis Steyn Regsman, staatsman en volksman (2009).42 Hy wou nog die Rebellie takel. Daardie navorsing het hy aan professor Piet van der Schyff oorhandig ...,43 maar min akademici is so bevoorreg om hulle lewenstaak te vervul soos Tienie van Schoor. Professor Van Schoor word oorleef deur sy vrou, Betha, en ses kinders en elf kleinkinders. Vir haar sal ek onthou, altyd elders in die huis bedrywig, vol begrip vir die begeesterde gesprekke in "Sannaspos". Fransjohan Pretorius44 Professor Tienie van Schoor en Protea Boekhuis Professor Tienie van Schoor sal veral onthou word vir die belangrike publikasies wat hy nб sy aftrede gepubliseer het. Belangstellendes in die geskiedenis van die Afrikaner kan nie genoeg dankbaar wees vir die besondere lang skrywersloopbaan wat vir hom nб sy aftrede beskore was nie. Benewens sy deeglike historiese navorsing, is sy publikasies telkemale geloof vir sy meesterskap met die pen en sy sin vir die dramatiese. Hy was by uitstek een van die historici wat Afrikaners se belangstelling in hulle verlede geprikkel en dan daardie belangstelling deur besonder leesbare publikasies gevange gehou het. Dit is opvallend dat hy sy belangstelling in sekere onderwerpe in die geskiedenis van die Afrikaner as lewenstaak gesien het en dekades lank oor sekere geliefkoosde onderwerpe gepubliseer het. Protea Boekhuis was betrokke by die publikasie van drie werke wat in heelwat opsigte as die kulminasie van hierdie lewenstaak gesien kan word. Hy sal in die besonder onthou word vir sy publikasies oor die "Vrystaatse driemanskap" wat aan die voet van die Vrouemonument begrawe is ­ J.D. Kestell, C.R. de Wet en M.T. Steyn ­ en hy het mettertyd diй outoriteit op al drie figure geword. Hierdie leeftyd se belangstelling in die drie figure is saamgevat in die publikasie van trilogie, waarvan twee van die drie dele by Protea Boekhuis verskyn het. Op jeugdige 71-jaar verskyn die eerste deel van hierdie trilogie, John Daniлl Kestell, 1854­1941 Outobiografies beskryf (Oorlogsmuseum van die Boererepublieke, Bloemfontein, 1992). Professor Van Schoor se verbintenis met Kestell het oor dekades gestrek, van sy studentejare toe hy Kestell op die kansel en by feesgeleenthede ervaar het. Op 86-jarige ouderdom het die tweede deel van hierdie trilogie, Christiaan Rudolph de Wet Krygsman en volksman (Protea Boekhuis, 2007), verskyn. Hierdie 41 Protea Boekhuis, Pretoria 42 Protea Boekhuis, Pretoria 43 Van der Schyff, "In memoriam" 44 Fransjohan Pretorius is verbonde aan die departement Historiese en Erfenisstudies van die Universiteit van Pretoria 8
Van Schoor werk is bestempel as "een van die bes geskrewe biografieл wat nog in Afrikaans voortgebring is" (aldus Leopold Scholtz, Die Burger, 7 Januarie 2008). Die publikasie van hierdie werk is voorafgegaan deur verskeie ander werke oor De Wet, onder andere Christiaan Rudolph de Wet, 1854­1922 (Nasionale Vrouemonumentekommissie, Bloemfontein, 1954), tydens die honderdjarige herdenking van De Wet se geboorte (met professor Van Schoor as een van die samestellers, en waarvan verdere uitgawes in 1964 en 2000 verskyn het), en Die stryd tussen Boer en Brit Die Herinneringe van die Boeregeneraal C.R. de Wet (Tafelberg, Kaapstad, 1999), waarin De Wet se standaardwerk deur professor Van Schoor in Afrikaans vertaal en van aantekeninge voorsien is. Sy besondere bewondering vir De Wet spreek uit die feit dat sy seun (en kleinseun) na De Wet vernoem is. Professor Van Schoor het mettertyd versameling van sewe foto-albums saamgestel waarin alle foto's van en oor De Wet opgeneem is. Enkele weke voor sy dood het Marthinus Theunis Steyn Regsman, staatsman en volksman (Protea Boekhuis, 2009), die biografie van "een van die grootste SuidAfrikaanse staatsmanne en een van die grootste Afrikaners", verskyn. Dit was vir professor Van Schoor besondere genot dat Steyn met diй werk "sy regmatige plek in die geskiedenis van die Afrikaner en Suid-Afrika" kon inneem, veral in die lig van die "oormatige verheerliking" van Paul Kruger. Tydens die redigering van hierdie werk het hy op 21 April 2008 aan my geskryf: "Ek is nog lank nie oud genoeg [hy was toe 87-jaar oud!] om [nie] van kenners te leer om my taal- en styl te verbeter nie. Gesonde opbouende kritiek het my nog altyd wyser as vleitaal gemaak." Die publikasie van diй werk het ook nie sonder enkele probleme geskied nie. Ander uitgewer het hom met "intimidasie en allerlei beloftes" probeer oorreed om die manuskrip aan hom te besorg. Professor Van Schoor het my in kennis gestel: "Ek het dit baie pertinent aan hom gestel dat ek my woord gaan hou om eerste aan jou die manuskrip aan te bied [...] En daarmee basta!" Ek het sy lojaliteit en onkreukbaarheid in hierdie verband besonder hoog op prys gestel. Met die verskyning van die boek is sy outeurseksemplare na Kleinmond gepos. Kort daarna het hy Amelia de Vaal, die redakteur van die boek, gebel. Dit was vir haar besondere oomblik toe sy sy stem, dik van emosie, oor die telefoonlyn hoor: "Dis my mooiste boek!" Hoewel sy tot haar spyt nooit die kans gehad het om hom persoonlik te ontmoet nie, het sy in die nege maande wat hulle saam aan die boek gewerk het, die voorreg gehad om hom per brief en via verskeie telefoonoproepe te leer ken. Saggeaard, geduldig, nooit venynig of eiegeregtig oor sy skryfwerk nie, altyd ontvanklik vir voorstel, altyd bereid om sy standpunt nуg keer uiteen te sit sodat sy redakteur presies weet waarom hy iets sus, en nie sу nie, geskryf wil sien. Van die eerste stel korreksieproewe ­ waarin elk van haar navrae met die grootste sorg nagegaan en opgevolg is ­ tot by die lieflike bos dankie-sк blomme wat hier afgelewer is nб die boek se verskyning, is haar indruk van professor Van Schoor oorweldigend diй van briljante, besadigde gentleman wat mense йn woorde soos fyn goud hanteer het. 9
Van Schoor Die Steyn-biografie was eweneens die resultaat Van Lewenslange belangstelling. Bittereinder aan die woord Geskrifte en toesprake van Marthinus Theunis Steyn (Oorlogsmuseum van die Boererepublieke, Bloemfontein, 1997) het reeds twaalf jaar tevore verskyn. Professor Van Schoor se tweeDe Groot belangstellingsveld was die Rebellie van 1914-1915. Dit is besonder jammer dat hy nie meer op die gebied gepubliseer het nie, veral in die lig daarvan dat hy met sy afsterwe diй kenner op hierdie gebied was. Hy het eweneens dekades lank inligting oor diй episode in die Afrikaner se geskiedenis versamel. Reeds gedurende die vyftigjarige herdenking van die Rebellie in 1964 is reeks van vyf artikels oor die Rebellie in Die Huisgenoot gepubliseer. Dit het besonder baie belangstelling gewek, in so mate dat die sirkulasie van die tydskrif aansienlik toegeneem het. Professor Van Schoor het selfs bonus ontvang en is gevra om sesde artikel te skryf. Die eerste boek wat professor Van Schoor by Protea Boekhuis uitgegee het, was Generaal J.C.G. Kemp en die epiese woestyntog (Protea Boekhuis, Pretoria, 2006). Die boek het by publikasie onmiddellik heelwat belangstelling gewek, veral omdat hierdie interessante en fassinerende tog relatief onbekend is. Hy het die boek as die eerste van reeks oor die Rebellie gesien. Ongelukkig het daar tot dusver nie verdere werke in die voorgenome reeks verskyn nie. Onmiddellik nб die verskyning van Christiaan de Wet in die daaropvolgende jaar (2007), het ek nietemin die stoute skoene aangetrek en hom gevra of hy nie met die oog op die honderdjarige herdenking van die Rebellie in 2014 (en vyftig jaar nб sy artikelreeks daaroor), en ook in die lig daarvan dat hy diй outoriteit oor die Rebellie is, bereid sou wees om geskiedenis daarvan vir Protea Boekhuis te skryf nie. Dit het spoedig geblyk dat lede van die publiek al dekades by hom daarop aangedring het om meer volledige werk oor die onderwerp te skryf en dat hy lank reeds vir versoek van uitgewer in diй verband gewag het. Hy het hom op 86-jarige leeftyd met hart en siel in die nuwe projek gewerp. Van tyd tot tyd het hy my op hoogte van sy vordering gehou, maar dit was duidelik dat sy gesondheid besig was om in te gee. Ten spyte daarvan, het hy volhard in ons ideaal en byna daagliks aan die boek gewerk. Tot die einde van 2008 kon hy heelwat skryfwerk rondom die voorgenome boek onderneem. Die meeste van hierdie werk was veral toegespits op die oorsake van die Rebellie. Hy het egter ook reeds aandag gegee aan die bewering dat die Boereleiers by die Vrede van Vereeniging sou ooreengekom het om tydens geskikte geleentheid die stryd voort te sit, die betrokkenheid van De la Rey en Beyers by die Rebellie, die Geregtelike Kommissie nб afloop van die Rebellie en die parlementкre debat daaroor. Twee maande voor sy dood het ek sy laaste manuskrip ontvang, Die Rebellie, 1914­15. Die manuskrip was begelei deur brief van 8 Mei 2009, waarin hy sy swakkerwordende gesondheid geskets het: "Ek is bevrees jy het met slagoffer onder jou skrywers te doen. Sedert Augustus 2008 het my bloedsuiker algaande my liggaamskragte getap dat my vingers nie in staat is om die rekenaar se sleutelbord behoorlik te beheer nie. Ysterinspuitings help egter om die ergste moegheid en lamheid teen te werk. Met die ondersoek na die oorsprong van my bloedsuiker- 10
Barnard probleem is ook ontdek dat ek kanker in my maag en ook lewer het wat tot dusver nog geen pyn besorg het nie." Ek was in besondere mate gevlei toe hy in brief van 25 April 2005 my baie hoл lof as uitgewer toegeswaai het: "Historici en die Afrikaner in die breл kan jou nie genoeg bedank en eer betoon vir wat jy t.o.v. veral Anglo-Boereoorlogpublikasies onderneem en gelewer het nie. In die Afrikaner se kultuurgeskiedenis sal dit eendag nog met goue letters erken moet word." Hierdie woorde is by uitstek op homself en sy bydrae tot die Afrikaner se kultuurgeskiedenis, en spesifiek die AngloBoereoorlog, van toepassing, en sal eweneens in goue letters aangeteken moet word. Nicol Stassen45

A Wessels, F Pretorius, N Stassen

File: professor-tienie-van-schoor-24-november-1920-25-julie-2009.pdf
Title: H 6244 Historia 54-2 BOEK.indd
Author: A Wessels, F Pretorius, N Stassen
Author: Graphic
Published: Wed Dec 9 11:07:56 2009
Pages: 11
File size: 0.18 Mb


, pages, 0 Mb

, pages, 0 Mb
Copyright © 2018 doc.uments.com